Monday, January 3, 2011

Super Powers

Ek hoes, ek vloek, en ek bid terwyl een of ander somervrug se pit in my keel double-park. Ek probeer die panic-button met my neus druk en skree met  die elegantheid van ‘n vet kommunis op ‘n scooter.
Bless you.

Delilah sny Simson se hare, en nee, dis net 'n skildery.
 Dan dryf ek die demoon van ‘n pit uit my liggaam uit en staan weer regop, ek probeer so nonchalant as moontlik lyk, want daar is mense in die kamer. Stay cool, om hemelsnaam. Stay cool.
Elkeen wat asem haal het een of ander talent. Myne is nie om cool te wees nie. Ek sukkel buitendien om asem te haal. Een van my broers het die krag van ritme gekry. Die ander een het die oerbalans van die kosmos ontdek, so hy ry pretty goed op ‘n skateboard.
Maar daar is nog groter kragte wat in mense lê.
Die grootste krag is die krag van broosheid. Die teenoorgestelde van die mens wat defensief leef. Iemand wat hul hart nie beskerm nie, maar oor en oor uit lê vir mense om te kruisig. Hierdie krag het ek ongelukkig ook nie. Jy ook nie. En jy, wat toevalig ook lees, ook nie.

Maar ons kan daarna streef. Ons kan probeer om nie altyd Mighty Men te probeer wees nie. Ons hoef nie altyd sterk te wees nie. Ons hoef nie defensief te lewe nie.
Ja, as jy nie defensief lewe nie, is die kanse seker groot dat mense jou gaan gebruik, of oor jou sal loop. Jy sal dit in alle waarskynlikheid nie kan oorleef nie.
Dis egter die hele punt.
Sodra mense iets waarlik beeldskoon sien, kruisig hulle dit.
As jy hierdie snaakse plek oorleef, en nie op een of ander manier deur mense bedonner word nie, doen jy duidelik iets verkeerd.

So wees liewers broos, ou Simson, laat jou vrou maar jou hare sny.

Gaan nou uit, gaan maak vir jou ‘n kostuum waaroor jy ‘n rooi onderbroek kan dra, soos Superman. Maak dan ‘n groot hart op jou bors, en sommer ook een wat jy op jou mou kan dra. Dan pak jy die hele ding weg, want dit lyk stupid.

Danie

13 comments:

  1. Ahem.
    Iets oor mense se subtle super powers klink vir my vaagweg bekend...
    Anyway, well done.

    ReplyDelete
  2. Kolskoot! Lol, I couldn't resist. Wies nou die liberal...

    ReplyDelete
  3. Dit is baie goed dude

    ReplyDelete
  4. boeiend ...waar en baie goed gese ...baie mense moet so wees ... real good stuff man

    ReplyDelete
  5. Ek wardeer dit baie Mnr Anonymous. Shjoe, ek dink ek gaan my kind Anonymous noem.
    Thanks!

    ReplyDelete
  6. amazing... dis waar- in jou swakste tye sien jy jou ware sterk punte raak!!

    ReplyDelete
  7. Hoe vreemd dat elke liewe sin in daardie opstel iets was wat ons gistraand bespreek het en oor saamgestem het. Ek BELOWE ek het nie hierdie blog voor die drinks gestalk nie ;)

    ReplyDelete
  8. I find it hard to believe that " sodra iemand iets mooi sien hulle dit kruisig"

    Maby hang jy dan met verkeerde mense uit- neem in ag dat die groter meerderheid van die populasie nie baie bright is nie en dat true beauty moeilik is om te sien, so please don't be offended!

    So miskien volgende keer as jy jou 'mooi' vir die wereld wys, ignore die 80% wat jou kruisig, fokus op die 20% wat true beaauty kan raaksien (the important people in you life??) en as jy dit regkry sal dit nie voel asof jy gekruisig word nie...

    then again, talking is so much easier than doing

    ReplyDelete
  9. Net Nog-iemand! Ek waardeer jou comments baie! It seems that I am out of my league.

    ReplyDelete
  10. out of your league...hoe so?

    ReplyDelete
  11. Ag, al wil ek hoe graag differ, kan ek nie regtig my punt stel sonder om soos 'n fanatiese nar te klink nie. (by the way, ek is een)

    ReplyDelete
  12. ASb differ, x altyd lus vir n challange!

    Ps. jyt nie die keer toe ons ontmoet het soos n nar gelyk nie, but if you say you wear long shoes, abrigt red nose and polka dot pants...(jokes)

    ReplyDelete