Thursday, November 4, 2010

10 wenke vir die perfekte date. (Die dude weergawe)


Dis kwart voor laat en ek’s halfdood opsoek na iets groen om te deel. Met groen bedoel ek nie groen soos die kleur nie, of miskien doen ek.  Die engel wat oor my waak het seker vaak geraak, maar dis ‘n ander saak, wat ek uit sal maak, en op ‘n ander blad oop sal kraak, want ek rym nou net lukraak met woorde wat eindig met’ –aak’. Goed, nou dat jy hopelik impressed is deur my skynbare ‘taalkundigheid’, kan ek seker  soos ‘n normale persoon begin skryf. Nie dat ek een is nie. (dis nou ‘n persoon, -ek is nie een nie-, maar ek is wel normaal.)
As dit nie te veel moeite is nie, sal ek graag wil aangaan. Ek het onlangs besef dat my jongste boetie (ek het twee broers en een eva) êrens op sy eerste date moet gaan. Dis toe ek beluit om ‘n lysie van 10 wenke uit te dink, om hom te help.
1.    Moenie bad nie. Meisies is mal oor daai reuk van ‘n rowwe aapman.     
2.   Laat haar betaal, dit laat haar voel asof sy in beheer is, en dit pas jou sak.
3.   Moet haar nie komplimenteer nie. Sodra jy doen, dink sy jy hou van haar. Meisies hou baie meer van ouens wat niks met hulle te doen wil hê nie (bv. Nataniël). Vertel haar sonder impertinensie sy lyk soos 'n hermafrodiet.
4.   Smeer jou gesig vol koeistront. Enige vrou wil met ‘n jong man van die plaas uitgaan. As jy kan, maak ‘n paar bul-geluide. Pas net op vir perongeluk koei-geluide maak.
5.   Noem haar op haar ma se naam. As jy gelukkig is sal sy dan dink jy hou glad nie van haar nie. As jy nog meer gelukkig is, sal haar ma ook van jou hou.
6    Rihanna sing mos "...I love the way it hurts.." so knyp haar so hard as wat jy kan op die linker arm of regter oor. Ek weet net dit werk, maar ek weet nie hoekom nie.      
7.   Bestel vir haar. Dit wys dat jy bestendig is, en dit vorkom dralige 'n twisgesprek met die spyskaart.
8.   Praat net oor jouself. Sodra jy haar toelaat om te praat gaan sy dink dis open-fire.
9.   Probeer vir lang tydsdure elusief, droefgeestig en dweepsiek oor iets absurd lyk. Dan gaan sy dink jy's ook 'n vampier soos daai Edward Cullen knaap. Heel enigmaties hou meisies van bleek vampiere.
10. Kom so 15 minute laat. Anders gaan sy dink jy’s een van daai mal ouens wat sy hele dag daaraan spandeer om alles perfek vir die date te kry. Ek sê nie jy is nie. Sy sê so. Om die waarheid te sê:  As jy dink sy kan dit hanteer; moenie eers opdaag nie.


*Lala, niks hiervan is van toepassing op jou nie!

Danie du Toit

3 comments:

  1. ekt nogals gedink dit was way snaaks....excellentl awsum ene:)

    ReplyDelete
  2. Baie dankie Anonymous! Dis 'n baie mooi naam wat jy daar het. Is dit Sweeds?

    ReplyDelete
  3. Ek neem aan jy't n string meisies en jou boetie se eerste date het so glad verlooop soos 3 koekies seep? Kan jy dan nie so lysie maak vir ons meisies wat op n first moet gaan nie, sal love om te sien wat jy din ons geslag moet doen om julle te impress?

    ReplyDelete