Sunday, November 21, 2010

Die Here is my Herder


Daar is ‘n legende van ‘n stam in die woude van Nong Khai. Kwaad vir die wêreld soos dit is, het hulle besluit om ondertesbo te gaan lewe, in die hoop om die wêreld te verander. So funksioneer hulle:  gesinne, families, kinders, ouers, almal hang onderstebo. Hulle swaai met hul bene rond tussen die bome, vang klein bokkies, en pluk vrugte, terwyl die sole van hul voete bruin brand.
Hulle is almal baie gelukkig, aangesien al die bloed in hul kop hul vermoё om sleg te voel verdrink het. Die vraag is: Het hulle ooit ‘n verskil gemaak aan hierdie wêreld wat hulle so haat? Is hulle nie maar net so selfsugtig soos die mense wat die lewe vir hulle so ‘moeilik’ gemaak het nie?
Ek wil ook onderstebo gaan hang.
Partykeer voel dit asof jy en jou gemoed, jou geloof,  jou verstand, jou sanity, en selfs jou gesondheid alles balanseer op ‘n eenwielfiets op gekraakte ys bo ‘n lopende rivier van magma. Om dinge vir jou erger te maak, skree die mense van die kante af vir jou dat jy iets met jou lewe moet doen. Hulle gooi jou met hul idees van geregtigheid en hul interpretasies van daai bybelvers wat jy regtig nie vertsaan nie.
 Jou geliefdes is kwaad vir jou en jy weet nie of jou Herder nog steeds opsoek is na jou nie. Jou beker loop oor maar jy kan dit nie drink nie omdat jou mond vol van wanmoed en onsekerheid is. Jou teёstanders lag vir jou omdat jy verstik aan hierdie soeke na ‘n feёsmaal, en jy begin wonder of die lente van dae nie maar kan kom nie. Want dis koud op hierdie plek.

Dan hang jy onderstebo.

Jy gaan kry vir jou ‘n plekkie waar jy net kan relax, en by jou self kan wees-anders gaan hierdie kite nie fly nie. Hierdie dag was nou net te rof.
Jy maak ‘n fout.
Daar gaan elke dag 16 000 kinders dood van die honger terwyl jy voel dat jy besig is om gek te word.
925 miljoen mense is honger terwyl jy wonder of jy nie nou maar ‘n vakansie moet vat nie, ‘n bietjie tyd om weer in voeling te kom met jouself.
In 2008 is 9 miljoen kinders dood onder die ouderdom van vyf, terwyl jy nog opsoek was vir doel in jou lewe, en jou wiskunde huiswerk jou maagkrampe  gegee het.
Die grap is, meeste mense gee eenvoudig nie ‘n hel om nie. Hulle voel baie meer emosie oor hul eie beker, hul eie teёstanders, hul eie ‘donker’ dieptes. Want dit voel asof jy nou ‘n regte Job-leefstyl deurgaan. ‘Staan maar net vas, dit sal gou weer beter gaan.’

Kan iemand kom voel of my hart nog klop?

Ek dink ek sal moet groot word. Ek sal moet ophou dink dat ek enigsins die reg het om te voel asof ek ‘n swak hand uitgedeel is. Ek sal moet ophou dink ek is besig om mal te word, of dat ek mal is, of dat dit enigsins ‘n verskoning is.

 Jy kan nie lewe vir die aleendoel van die hemel nie. Dit sou beteken dat jy die lewe wat God nou vir jou gegee het ag as ‘n Nintendo speletjie. En as jy nie wen nie, kan jy daai wagwoord indruk, daai belydenis en  vergifnis, en dan is alles weer hunky-dori.
Dit gaan nie oor hoe jy in die hemel kan kom nie. Dit gaan oor hoe jy die hemel vir die mense rondom jou aarde toe kan bring. Jy het ‘n doel in die lewe, en vergewe my as ek ‘n bietjie vorentoe is,
maar nie ek of jy leef dit uit nie.

-Danie

5 comments:

  1. Danie my vriend, this is truly inspired dude! Dis goed op so baie vlakke!

    ReplyDelete
  2. Baie dankie,
    Die 'park-engel' op jou blog was inspiring!

    ReplyDelete
  3. Jy't nogal baie views, daar bo in'ie hoekie..

    ReplyDelete
  4. A good illustration of what it means to look in this way on life and the world with the eyes of faith, can be found in the vision of St. Francis of Assisi as described by G.K. Chesterton. ‘If a man saw the world upside down, with all the trees and towers hanging head downwards as in a pool, one effect would be to emphasise the idea of dependence. … If St. Francis had seen, in one of his strange dreams, the town of Assisi upside down, it need not have differed in a single detail from itself except in being entirely the other way around. But the point is this: that whereas to the normal eye the large masonry of its walls or the massive foundations of its watch-towers and its high citadel would make it seem safer and more permanent, the moment it was turned over the very same weight would make it seem more helpless and more in peril. It is but a symbol; but it happens to fit the psychological fact. St. Francis might love his little town as much as before, or more than before; but the nature of the love would be altered even in being increased. He might see and love every tile on the steep roofs or every bird on the battlements; but he would see them all in a new divine light of eternal danger and dependence. Instead of being merely proud of his strong city because it could not be moved, he would be thankful to God Almighty that it had not been dropped; he would be thankful to God for not dropping the whole cosmos like a vast crystal to be shattered into falling stars. Perhaps St. Peter saw the world so, when he was crucified head-downwards. … He who has seen the whole world hanging on a hair of the mercy of God has seen the truth; we might almost say the cold truth. He who has seen the vision of his city upside down has seen it the right way up.’
    (Uit: Vincent Brümmer, 'Dawkins' Religion'

    ReplyDelete