1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
Hel, kan iemand net ‘n bietjie meer lig hier kom skyn. Ek sukkel om te sien waar ek my skeermes gesit het. Ek het lig nodig. Ek het weerlig nodig.
Êrens langs die pad moes ek die geloof van ‘n kind verloor het. Ek kon dit egter soms vervang met met ‘n hoop in Iets Groters. Waar ek sukkel om te glo, hoop ek maar. Sonder hierdie hoop is ek niks meer as ‘n bobbejaan nie.
-Bobbejaan klim die berg.-
Ek sien hierdie bietjie hoop wat ek het as my stok. Dieselfde stok waarmee jy die waters kan skei as die egiptenare jou jaag. Met hierdie stok kan jy ook weerlig maak. Hoekom sal ek wil weerlig maak? Want weerlig is flippen cool.
-Bobbejaan klim die berg, met sy stok in sy hand. Dit het donker geword. Hy gaan hierdie donker wen. Hy gaan weerlig maak.-
As dit donker word, en die lig van jou geloof nie meer so helder en jeugdevol skyn nie; as jy ook soos ‘n bobbejaan begin voel- doen tog die volgende: Gryp jou stok, jou laaste bietjie hoop, moed, of selfs jou verlange. Dan gaan hardloop jy tot op die hoogste punt in die area.
-Bobbejaan klim die berg, hoe hoёr hy klim, hoe nader voel hy aan God. Dit is erg bewolk en oneindiglik donker.
As jy daar bo kom, dan swaai jy jou stok in die lug. Ja, jy, ou bobbejaan, swaai jou stok. Dan skree, roep, huil, of bid jy, watokal een die beste vir jou werk. As jy dit bedoel, tel dit sekerlik automaties as gebed.
Die donker in jou maag sal dan stukkie vir stukke verlig, met klein stukkies weerlig. Ek kan jou nie waarborg dat jy ooit die hele son sal kan terug kry nie- dat jy weer die geloof van ‘n kind sal besit nie.
Ek kan jou eintlik niks belowe nie.
Ek troos my wanmoedige brein, en hopelik jou vraende oё met die volgende:
‘n Stad wat op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie.
Wees die (weer)lig van die wêreld.
meer lig, weerlig...
ReplyDeleteJou eerlikheid is verfrissend en jy skyn helderder as wat jy dink dude!
ReplyDeleteIntriguing...
ReplyDeleteJy se as jy sukkel om te glo, hoop jy maar. Maar vraag: as jy nie meer glo in n God nie, hoop jy dan maar daar's 'n God? Maar hoe gaan dit jou help as jy dit nie kan glo nie?
Pitty one looses their childhood belief (as you said)? Still I think the curiosity stayed - and I wonder if that might be the reason I've stopped believing...still one cannot hope in your religion, you've gotta believe, right?
Net Nog-iemand! Dis die hele punt, jy moet hoop. Hoop is 'n keuse.
ReplyDeleteEk stem nie saam met jou laaste statement nie, jy KAN hoop in iets groters. Ek dink dat hoop meer kan beteken as geloof, aangesien hoop jou eie keuse was. Jy kan hoop al het jy alles verloor. Jy kan selfs hoop as jy jou geloof verloor het.
Scenario: ek staan bo-op n gebou. Kyk ondertoe sien mense daar stap en kyk op in verlange na die skakerings van wit en blou. So wat doen ek? Ek spring in die hoop dat ek kan vlieg, om een te word met die oneindige blou. But in truth sal ek smack-down-face-first-boom in die gruis van di straat land. Sien, ek kan hoe hard hoop en dan die leap vat in hoop, maar as ek nie weet ek kan vlieg nie gaan ek pretty much my gat sien...
ReplyDeletebeg to differ?
Begging, begging, this is me begging.
ReplyDeleteDie probleem in die argument is die volgende: Jy gebruik 'n scenario. Ek gebruik 'n voorbeeld van 'n leefstyl. Om by geboue af te spring is nie 'n leefstyl nie, aangesien jy dit net een keer kan doen. Om te hoop in iets groters is nie 'n leap of faith nie. Hoekom moet die persoon wat hoop ewe skielik bo-op die gebou staan? Hoekom kan hy of sy nie onder saam met die ander mense staan en kyk na bo nie? Die aksie van hoop sit jou nie skielik in doodsgevaar bo-op 'n gebou nie. As jy van 'n gebou af spring gaan jy jou gat sien. Jou hoop gaan jou nerens bring nie. 'n pers hoed gaan jou ook nerens bring nie. 'n blou skoen en 'n sakkie vol kindergeloof gaan jou ook nerens bring nie. Val sal jy val. So, met jou scenario is hoop nie die regte probleem nie. Die probleem is die scenario self.
Hmmm, ek dink nogsteeds dat jy die scenario as n metafoor kan gebruik vir geloof:
ReplyDelete1)Iemand wat van n dak wil afsring is nie net n saak van " ek word vandag wakker en besluit hmmmm, ek gan van n dak afspring nie", dit is jou lewe en n klomp goed wat jou lei tot op daai punt, jou lewensverhaal. Net so gaan jou lewensverhaal jou na n kruispad bring (of jy nou bo-op n dak staan of nie) en jy gaan moet besluit wat jy wil doen... wat ookal jy kies sal die res van jou lewe beinvloed ( dit mag dalk selfs soos in die scenario jou dood beteken)
2) maak nie saak of jy bo-opp die dak is of tussen die voetgangers nie - jy gaan op n stadium kom waar jy gebasseer op jou geloof (as jy nou wil glo of nie) lewensveranderende besluite maak
3)Vir sommige mense kan dit so sleg gaan in hulle geloof/ lewe dat dit wel voel asof hulle op n ledge staan iewers en dan kan dit hulle keuse wees om te glo wat hulle kan red al dan nie (depends hoe jy nou redeneer)
Maar not to worry, n metafoor is dalk nie die regte ding om mee te redeneer nie...my initial punt was maar eintlik net, as jy jou geloof verloor het, nie meer daarin glo nie tot op so punt waar jy niks meer daarvan kan glo nie (based on your life and it's happenings and events) gaan jy damb moeilik hoop...
Besides, is glo (in terme van geloof) nie net n intense hoop nie?