Ek weet, jy’t hierdie inskrywing kom lees omdat jy graag ook wil weet waar baba’s vandaan kom. Jammer ou maat, ek het maar net die titel gekies om jou na my blog toe te lok. Die wrede waarheid is dat ek ook eintlik nie weet nie. Maar nou dat ons hier is, en ek jou aandag het, kan ek ‘n belofte nakom. Die Inskrywing gaan vandag dus oor die ontstaan van SPOEGWOLF.
Dit was ‘n bleek woedende wintersdag in die 2de wêreld oorlog. Ek het ‘n vliegtuig beman saam met een van my kamerade. Ons het sopas opdrag gekry om ‘n klein dorp in die land Kambodja te help bombardeer. Die klein, oop vliegtuig was stil, maar beknop genoeg dat ons dit waardeer het. Die wind se geraas het alles anders tot sterwende klankloosheid verbied. Ek was voor op die stuur, en Benjamin was besig om rigting aan te wys.
“Benjamin, laat weet my waneer ons bo Laos is.” Het ek geroep.
“Als reg kameraad.” Het hy onder sy peanut botter broodjie gespoeg en gemompel.
Ons het laag begin vlieg onder die kramende wolke, die waters het ons helmets prober breek met hul huil en wraak. “Jy moet hoër vlieg, hier is te veel bome,” het hy geroep. Ek het so gemaak. Ons het terug deur die wolke geskiet tot waar alles weer stil en sonnig was. Toe gebeur dit. Ek was nog blerriewil besig om kersfeesliedjies in my kop te sing terwyl Benjamin uit sy sitplek geklim het en op die vlerk van die vliegtuig gaan sit. “Wat in die naam van alles wat Joods is dink jy doen jy?!” het ek geroep.
Hy het begin huil. “Ek weier om verder bomme op mense te gooi,” het hy hard gesê.
“Benjamin, ons het nie ‘n keuse nie, as ons nou terug vlieg, sterf ons op die aanklag van hoogveraad. Buitendien, dis oorlog, hulle sou dieselfde doen.” Hy het sy arm na my toe uit gestrek en ‘n brief in my in my hand gesit. “Gee dit vir Madelein Spugenberg, sê vir haar dis van Wolf.” “Spugenberg? Waar bly sy?” Het ek gevra, in ‘n poging om hom langer op die vlerk te hou. “Sy bly in die Swartland, op haar ouers se plaas. Sy’s baie skaam oor haar van, almal noem haar Spoegie.” “Benjamin, dink ‘n bietjie hieroor, jy gaan niks reg kry nie, ek gaan in elk geval daai bom gooi, of jy nou afspring of nie.”
“Wel, ou Kameraad, dan het ek nie regtig ‘n keuse nie, ek moet hierdie punt maak.” Benjamin het op die langwerpige missiel aan die vlerk vasgeheg gaan sit. Voor ek ‘n plan kon maak het hy die skuifklep los gemaak. “Sê vir my liewe Spoegie dat sy haar Wolf moet onthou!” het hy geskree. Toe sonder dat ek kon keer, het hy en die missiel losgekom van die vlerk. Hy het die wapen soos ‘n perd gery deur die wolke onder my.
Twee maande daarna het ek vir Madelein gaan besoek op haar ouers se plaas. Ek het haar die brief gegee, ek het haar vertel dat haar beminde ‘Wolf’ wou hê sy liewe ‘Spoegie’ hom nooit moet vergeet nie. Ek het haar vertel van die punt wat hy wou maak. Ek het haar vertel, dat vir die res van my lewe, ek ook daardie punt sou maak.
Daarom lees jy vandag Spoegwolf: vir alles wat reg is, alles wat eerlik is, subliem is, weerloos is, sterk is, verlief is, en musiek is. Ek skryf vir my vriend Wolf, en Spoegie, sy verliefde.
‘Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie.’*
Danie
*Die slot van Benjamin se brief, ook ‘n deel van Psalm 23.
wow.
ReplyDeleteDis 'n understatement, dude dis baie wow!
ReplyDelete5...
ReplyDelete...4...
...3...
...2...
...1...
>>>BOOM<<<
Mind blown.
Baie wow met vier uitroeptekens!!!!
ReplyDeleteSo dis jou blog...
ReplyDeleteHou vol, Danneman. Jy moet van jou ouer kort stories ook opsit!
Dis nie waar babas vandaan kom nie! Dirty trick!
ReplyDeleteOh.My.Blog.
ReplyDelete