Thursday, February 3, 2011

'n Franse opstel, ja.

Goed, glo dit of nie, maar in ons eerste week hier op die land van Valient Swart en die Mystic Boer, moet ons al 'n franse opstel skryf. Ja, ek weet, jy's hier om iets in Afrikaans te lees. Gaan dan maar af tot by die volgende venster. Daar staan "super powers." Lees dit as jy nie frans praat nie. As jy wel die taal van die hoender praat, sal ek dit wardeer as jy my kan help met al die taalkundige probleme in my opstel. Dankie.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                           
                                                                                      
Qui suis-je?
Premièrement, je pense que c’est une bonne idée pour poser la question: Qui êtes-vous?
Pourquoi? Dans la monde moderne nous avons beaucoup des personnalités, et c’est une meilleur initiative á  trouve les ressemblances.
Qui, nous avons beaucoup des ressemblances, moi et vous! Nous habitons dans l’Afrique de sud, et quelquefois nous avons un peu assez du crime. Quelque part  dans notre vie, nous trouvons un grand amour pour les gens d’Afrique, et ses langues. Nous mangeons ‘Pap en Wors’ et buvons Windhoek. Nous connaissons Koos Kombuis, et nous rêvons un maison sur une grande ferme verte.  
Mais qui suis-je, sans vous? Maintenant je suis très fatigue. Je suis un homme, et je suis morale. Quelquefois je suis un peu morbide, et j’aime l’hiver et la matinée. Pour moi, la vie n’est rien sans l’amour romantique. J’écoute Bob Dylan et Bruce Springsteen, et je pense Kurt Darren est le diable.  Je suis dévoué á ma musique et j’aime une fille. Elle est très belle mais je connais seulement son prénom.

Quoi?

Oui, son prénom, mais comme j’ai dis nous avons tout le monde a des ressemblances.
Bon, je pense que je dois écrire un passage sur moi.
Je suis 18 ans, et j’adore la littérature. Ma langue est l’Afrikaans, J’ai une petite sœur, elle s’appelle Bella, et elle a six ans. Aussi, j’ai deux frères : Moskou et Wadda. Je sais, pourquoi le nom normal pour moi, et les noms extravagants pour mes frères ? Demandez mon père.

Mon père, c’est une autre livre. J’ai le visage du mon père, les chevaux blondes, les yeux bleu, et un nez juif. En fait, je suis un peu juif (mais je pense mon père est un vrai hébreu). J’adore mon père, il est un monsieur formidable.
Ma mère est la meilleure femme sur la planète, et aussi une d’accord artiste. J’ai cru qu’elle est un ange quand j’étais jeun. Elle est un ange!   

Maintenant, j’ai 320 mots. Je suis désolé, mais je suis une rédaction avec trop de mots! Je crois que vous me connaissez. C’est moi, c’est vous, c’est toi, c’est mon père, ma mère, mes frères et toute la monde.

Chic.
                                                                                                 

Monday, January 3, 2011

Super Powers

Ek hoes, ek vloek, en ek bid terwyl een of ander somervrug se pit in my keel double-park. Ek probeer die panic-button met my neus druk en skree met  die elegantheid van ‘n vet kommunis op ‘n scooter.
Bless you.

Delilah sny Simson se hare, en nee, dis net 'n skildery.
 Dan dryf ek die demoon van ‘n pit uit my liggaam uit en staan weer regop, ek probeer so nonchalant as moontlik lyk, want daar is mense in die kamer. Stay cool, om hemelsnaam. Stay cool.
Elkeen wat asem haal het een of ander talent. Myne is nie om cool te wees nie. Ek sukkel buitendien om asem te haal. Een van my broers het die krag van ritme gekry. Die ander een het die oerbalans van die kosmos ontdek, so hy ry pretty goed op ‘n skateboard.
Maar daar is nog groter kragte wat in mense lê.
Die grootste krag is die krag van broosheid. Die teenoorgestelde van die mens wat defensief leef. Iemand wat hul hart nie beskerm nie, maar oor en oor uit lê vir mense om te kruisig. Hierdie krag het ek ongelukkig ook nie. Jy ook nie. En jy, wat toevalig ook lees, ook nie.

Maar ons kan daarna streef. Ons kan probeer om nie altyd Mighty Men te probeer wees nie. Ons hoef nie altyd sterk te wees nie. Ons hoef nie defensief te lewe nie.
Ja, as jy nie defensief lewe nie, is die kanse seker groot dat mense jou gaan gebruik, of oor jou sal loop. Jy sal dit in alle waarskynlikheid nie kan oorleef nie.
Dis egter die hele punt.
Sodra mense iets waarlik beeldskoon sien, kruisig hulle dit.
As jy hierdie snaakse plek oorleef, en nie op een of ander manier deur mense bedonner word nie, doen jy duidelik iets verkeerd.

So wees liewers broos, ou Simson, laat jou vrou maar jou hare sny.

Gaan nou uit, gaan maak vir jou ‘n kostuum waaroor jy ‘n rooi onderbroek kan dra, soos Superman. Maak dan ‘n groot hart op jou bors, en sommer ook een wat jy op jou mou kan dra. Dan pak jy die hele ding weg, want dit lyk stupid.

Danie

Wednesday, December 1, 2010

WOLKETRAPPER


So, jy voel asof jy nie wil weet wat jy volgende gaan doen nie. Jy het nou die dinge rondom jou so suur gemaak dat jy nie meer uit jou kamer wil kom nie. Jy’t besigheids gedop, en jou toon so hard gestamp dat jy hom kon hoor bid.

Jy bid nou baie meer.

Ek slaan my oge op na die berge. Waar kom my hulp vandaan? Kom dit van die berge? Kyk jy ook al heeldag, en wonder of dit nie miskien die verkeerde berge is nie?  

Hou op vloek, om hemelsnaam.

‘A painting is beautiful, not perfect,’ het ‘n mede hulpelose siel eendag aan my gesê. Jy kan dit ook toepas op jou huidige omstandighede. Jou lewe is nie perfek nie. Daar is orals klein vuil merkies, foute, donker areas, en selfs onderlae wat jy liewers wegsteek. Mona Lisa se ou het haar seker gelos, so sy sukkel om ordentlik te glimlag. Sy is egter nogsteeds aangrypend.

So is jy ook aangrypend.
Wat?  Wil jy net ‘n wit vel papier wees? Wil jy foutloos en sodoende kleurloos wees? Ek hoop nie so nie. Jy het kontras nodig.
Jy moet bereid wees om donker areas te te vind. Jy moet bereid wees om seer te kry, teleurgesteld te word, en selfs ‘n weird pruik te dra. Jy moet jou hart aan enige iemand gee, al is hoe jy hoe bang hulle kruisig jou daarvoor. Jy moet trots genoeg wees om in die wacko’ste gallery te hang en maar vir almal te se jy’s abstrakte kuns.
Jy’s ‘n wolketrapper.

So sluk jou woorde, en bel jou beste vriend en se vir hom jy mis hom. Gaan staan op jou kop en tel tot drie, en wonder hoekom op aarde jy so iets sou wou doen. Want dis sleg vir jou kop.

Jy het al baie foute gemaak, en jy gaan hopelik nog baie meer kan maak. Jy maak nou terwyl jy lees een of ander fout. Glo dit of nie, maar êrens op hierdie aarde is daar ‘n mens (of ten minste ‘n spook of ‘n dier) wat jou en jou foute mis. Indien nie, bel my, en dan sal ek vir jou iemand kry.
Êrens is daar iemand wat nie wil hê jy moet jouself aan hulle bemark nie.

‘Ek wil nie my hart aan jou probeer verkoop nie. Dis joune verniet.’
-Danie

 

Thursday, November 25, 2010

HOE OM WEERLIG TE MAAK

1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
 1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Hel, kan iemand net ‘n bietjie meer lig hier kom skyn. Ek sukkel om te sien waar ek my skeermes gesit het.  Ek het lig nodig. Ek het weerlig nodig.
Êrens langs die pad moes ek die geloof van ‘n kind verloor het. Ek kon dit egter  soms  vervang met met ‘n hoop in Iets Groters. Waar ek sukkel om te glo, hoop ek maar. Sonder hierdie hoop is ek niks meer as ‘n bobbejaan nie.
-Bobbejaan klim die berg.-
Ek sien hierdie bietjie hoop wat ek het as my stok. Dieselfde stok waarmee jy die waters kan skei as die egiptenare jou jaag. Met hierdie stok kan jy ook weerlig maak. Hoekom sal ek wil weerlig maak? Want weerlig is flippen cool.

-Bobbejaan klim die berg, met sy stok in sy hand. Dit het donker geword. Hy gaan hierdie donker wen.  Hy gaan weerlig maak.-

As dit donker word, en die lig van jou geloof nie meer so helder en jeugdevol skyn nie; as jy ook soos ‘n bobbejaan begin voel- doen tog die volgende: Gryp jou stok, jou laaste bietjie hoop, moed, of selfs jou verlange. Dan gaan hardloop jy tot op die hoogste punt in die area.

-Bobbejaan klim die berg, hoe hoёr hy klim, hoe nader voel hy aan God. Dit is erg bewolk en oneindiglik donker.

As jy daar bo kom, dan swaai jy jou stok in die lug. Ja, jy, ou bobbejaan, swaai jou stok. Dan skree, roep, huil, of bid jy, watokal een die beste vir jou werk. As jy dit bedoel, tel dit sekerlik automaties as gebed.
Die donker in jou maag sal dan stukkie vir stukke verlig, met klein stukkies weerlig. Ek kan jou nie waarborg dat jy ooit die hele son sal kan terug kry nie- dat jy weer die geloof van ‘n kind sal besit nie.
Ek kan jou eintlik niks belowe nie.

Ek troos my wanmoedige brein, en hopelik jou vraende oё met die volgende:

‘n Stad wat op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie.
Wees die (weer)lig van die wêreld.

Sunday, November 21, 2010

Die Here is my Herder


Daar is ‘n legende van ‘n stam in die woude van Nong Khai. Kwaad vir die wêreld soos dit is, het hulle besluit om ondertesbo te gaan lewe, in die hoop om die wêreld te verander. So funksioneer hulle:  gesinne, families, kinders, ouers, almal hang onderstebo. Hulle swaai met hul bene rond tussen die bome, vang klein bokkies, en pluk vrugte, terwyl die sole van hul voete bruin brand.
Hulle is almal baie gelukkig, aangesien al die bloed in hul kop hul vermoё om sleg te voel verdrink het. Die vraag is: Het hulle ooit ‘n verskil gemaak aan hierdie wêreld wat hulle so haat? Is hulle nie maar net so selfsugtig soos die mense wat die lewe vir hulle so ‘moeilik’ gemaak het nie?
Ek wil ook onderstebo gaan hang.
Partykeer voel dit asof jy en jou gemoed, jou geloof,  jou verstand, jou sanity, en selfs jou gesondheid alles balanseer op ‘n eenwielfiets op gekraakte ys bo ‘n lopende rivier van magma. Om dinge vir jou erger te maak, skree die mense van die kante af vir jou dat jy iets met jou lewe moet doen. Hulle gooi jou met hul idees van geregtigheid en hul interpretasies van daai bybelvers wat jy regtig nie vertsaan nie.
 Jou geliefdes is kwaad vir jou en jy weet nie of jou Herder nog steeds opsoek is na jou nie. Jou beker loop oor maar jy kan dit nie drink nie omdat jou mond vol van wanmoed en onsekerheid is. Jou teёstanders lag vir jou omdat jy verstik aan hierdie soeke na ‘n feёsmaal, en jy begin wonder of die lente van dae nie maar kan kom nie. Want dis koud op hierdie plek.

Dan hang jy onderstebo.

Jy gaan kry vir jou ‘n plekkie waar jy net kan relax, en by jou self kan wees-anders gaan hierdie kite nie fly nie. Hierdie dag was nou net te rof.
Jy maak ‘n fout.
Daar gaan elke dag 16 000 kinders dood van die honger terwyl jy voel dat jy besig is om gek te word.
925 miljoen mense is honger terwyl jy wonder of jy nie nou maar ‘n vakansie moet vat nie, ‘n bietjie tyd om weer in voeling te kom met jouself.
In 2008 is 9 miljoen kinders dood onder die ouderdom van vyf, terwyl jy nog opsoek was vir doel in jou lewe, en jou wiskunde huiswerk jou maagkrampe  gegee het.
Die grap is, meeste mense gee eenvoudig nie ‘n hel om nie. Hulle voel baie meer emosie oor hul eie beker, hul eie teёstanders, hul eie ‘donker’ dieptes. Want dit voel asof jy nou ‘n regte Job-leefstyl deurgaan. ‘Staan maar net vas, dit sal gou weer beter gaan.’

Kan iemand kom voel of my hart nog klop?

Ek dink ek sal moet groot word. Ek sal moet ophou dink dat ek enigsins die reg het om te voel asof ek ‘n swak hand uitgedeel is. Ek sal moet ophou dink ek is besig om mal te word, of dat ek mal is, of dat dit enigsins ‘n verskoning is.

 Jy kan nie lewe vir die aleendoel van die hemel nie. Dit sou beteken dat jy die lewe wat God nou vir jou gegee het ag as ‘n Nintendo speletjie. En as jy nie wen nie, kan jy daai wagwoord indruk, daai belydenis en  vergifnis, en dan is alles weer hunky-dori.
Dit gaan nie oor hoe jy in die hemel kan kom nie. Dit gaan oor hoe jy die hemel vir die mense rondom jou aarde toe kan bring. Jy het ‘n doel in die lewe, en vergewe my as ek ‘n bietjie vorentoe is,
maar nie ek of jy leef dit uit nie.

-Danie

Wednesday, November 17, 2010

Hier's een van myne, lees dit stadig.


-Lucky Lion

ek sit en probeer daai blerrie brief nou skryf
maar my ma is in die kamer
so ek teken ‘n duif
die duif loop oor die vierde reёl
tot vyf
o.k. sy’s nou uit,
so ek dink alweer aan jou lyf, hoe my
hand
         toe
                gly
                       en soos ‘n kunstenaarshand
stil op jou gaan bly.
dan teken ek -wag- my ma is terug -sug- hou gou aan -sy’s nou kla
‘hier’s jou tee my kind’
dankie ma
die blerrie tee is warm
ek proe jou sonder suiker
met die geloof op jou arm
my tong brand
om jou naam te sing
en enige ander Naam wat jy kies
ook tot eer te bring

-Danie du Toit.

Tuesday, November 16, 2010

'n Engelse verhaal

She was barely dressed.
Her mischief was revealing something of God’s great mystery to life. It was not there yet. Like a word on the tip of one’s tongue, the great truth seemed only to elude me. I sat on the porch, having just waved to the nearest star as it collapsed into the depths of Hell.
 There was no terminative to the moment’s maze, as there is no end to a woman’s quintessence.  I had told her that I was cold. She obliged upon my shivering lips with lavish. We sat together on a suspended chair, and she was making faces to the music only a breezy evening could provide. Her hand slipped and fell on mine as she performed an innocently guilty act of touch.
We were somewhere in the known universe, probably a little town called Paarl. I would not know, as I was drunk in the presence of the intoxicating smell of oranges.
She sat closer and the chains of suspension opposed with rusty cries. “Jy moet stil sit!” I said. Translated, I conveyed that she was not to make hasty movements. The chair was hanging from an even older roof, it could break easily.
 She removed her white blouse and started humming something Elvis wrote. She then fastened it to the chains, almost like a sail. She removed her feet from the porch, as they were bare. They found their way across my lap, as she sat even closer. I told her something that probably did not make any sense. She could understand, as I could even cotton on the hidden agenda’s of her haunted breath. She started swinging the chair. “Hey!” I said, “Jy moet stil sit!” She tittered, and made more elaborate movements. “Ek sê...” She refused my apparent hostility, and answered affably by attacking my lips, in a weird tribal kiss...
The night exploded. The chair broke loose and we flipped into space. She did not stop, even as the universe, or rather the chair, flipped around a few times. We were airborne and moving quickly. Her white blouse caught wind, and we sailed the sky. Her grip fastened. I was being offered to the gods, on a fiery altar of affection. Being somewhat of a geek, I was happy to burn on our flying chair, given that she showed me the way to being a man.
 Moments stirred as I loved her in slow motion. We passed the school and the church; we passed ambition, religion, dogma, hierarchy, anarchy, athletics, maths, scrumming practices and all the other instigators of constipation. I felt only one thing, but I cannot give it name. It was something devout, but without any fear. For a moment I felt like I could touch God. I passed on the opportunity: I received enough virtue to repel any more. We went even higher as her body shivered. We lost no speed as we went over cities of sound and light. Somewhere down on planet earth someone was still under the impression that all of this could only be a dream.