Hoofstuk Drie
Wadda het met mond vol bloed by die skoolhek uitgehardloop. Agterna soos ’n skaduwee of ’n nagmerrie het Klitsie aangekom. Klitsie se vet arms en hande het hom laat lyk soos ’n rooier weergawe van Winston Churchill. Sy maag het oor sy heupe gedons soos ’n waterballon wat sou bars as hy enigsins verder wou rek. Die groot monster was ’n prefek, al in matriek, en onse Wadda het wragtig op hierdie dag twaalf jaar oud geword. Dis juis hoe hierdie debakel tot afspeel gekom het. Wadda het vir sy verjaardag besluit om die hele skool ’n guns te doen.
Liewe leser, sit eers rustig terug. Die volgende deel moet jy stadig lees.
Dit het als eintlik als die vorige aand begin gebeur. Adatjie het teen die wil van haar pa, Petrus, besluit om ’n aand deur te bring by Wadda en sy huishouding. Wadda het nie regtig veel van ’n gesin gehad nie. Sy ma het na sy geboorte gaan swem in die see, en nooit weer terug gekom nie. Sy pa het daarna homself toegesluit in sy huis, waar hy homself verbeel het dat hy ’n hanswors is. Die mense in die dorp het hom net gesien as hy vroeg soggens by die groot appelboom buite sy huis opgeklim het en heel bo gesit het. Hier het hy soos ’n geestelike bobbejaan met glas oë na die see gekyk.
Regtigwaar, kan ons by die storie hou?
Jammer.
Adatjie het besluit om ’n aand deur te bring by Wadda se huis. Die huis het bestaan uit een groot kamer met ’n enorme gat in die muur wat as ’n oond en ’n wintervuurmaakplek gedien het. Wadda en sy pa het op ’n groot bed in die middel van hierdie kamer geslaap wat Wadda gebou het uit klomp strooi en ’n ou roeiboot. Wadda het op hierdie aand ’n mosselpotjie te maak, aangesien daar ’n enorme mosselkolonie baie naby hul huis was. Die huis was warm soos die arms van ’n moeder terwyl die buitelig vol skemer en koud was. Wadda se Pa het elke nou en dan op sy hande gestaan en selfs amper die potjie omgestamp toe hy van by een van die dakbalke probeer swaai het tot op die bed. Buiten sy geluide en harde voetstampe het die twee kinders ’n abnormale hoeveelheid lafenis gekry in die situasie. Hulle het by die vuur gesit en luister na een die vier plate wat Wadda in sy besit gehad het. Joni Mitchell het teen die geraas van die see daar buite gesing. Adatjie het gesit met die omhulsel van die plaat (waarop al die lirieke gestaan het). Op daardie stadium was sy so klein dat sy verdwyn het agter die groot donkerblou prentjie van die sangeres. Hulle het die plaat oor en oor geluister terwyl die kole van die vuurmaakplek in stadige arbeid die mosselpotjie gaar gemaak het.
Die volgende dag het Wadda verjaar. Hy sou wou saam met Adatjie skool toe loop, maar Petrus het haar vroeër daardie oggend met die aggressie van ’n Japannese aardbewing kom haal. Dit het hom egter tyd gegee om ’n plan agtermekaar te kry. Wadda het besluit om sy platespeler en sy Joni Mitchell plaat skool toe te vat. Van hier af was sy taak eenvoudig. Hy het die platespeler agter die pawiljoen weggesteek in ’n groot tamatieboks. In pousetyd het hy dit gaan haal. Hy het toe opgesluip na die hoof se kantoor toe, en deur die agtervenster geklim. Die hoof was natuurlik besig om tee te drink in die personeelkamer, of om een van die jonger onderwyseresse met sy hygende vet longe toe te wasem.
Wadda het die platespeler by die muurprop ingedruk, en die klank direk gekoppel aan die skool se interkom. Hy het lank gedink voor hy die regte lied gekies het. Hy het die naald van die speler opgelig en eers ’n afkondiging gemaak. ‘Haai almal, dis Wadda hier, jul supreme ruler en redder. Ek wil graag die volgende liedjie opdra aan Adatjie. Dan wil ek ook net se dat Klitsie ’n vet bliksem is en dat sy wange vol botter gesmeer word deur sy mamma.’ Die laaste deel het hy net ingevoeg net vir algemene afronding. Die lied het gevolg:
Just before our love got lost you said
I am as constant as a northern star
And I said, constantly in the darkness
Where's that at?
If you want me I'll be in the bar
On the back of a carton coaster
In the blue TV screen light
I drew a map of Canada
Oh Canada
With your face sketched on it twice
Oh you're in my blood like holy wine
You taste so bitter and so sweet
Oh I could drink a case of you darling
And I would still be on my feet
Oh I would still be on my feet
I am as constant as a northern star
And I said, constantly in the darkness
Where's that at?
If you want me I'll be in the bar
On the back of a carton coaster
In the blue TV screen light
I drew a map of Canada
Oh Canada
With your face sketched on it twice
Oh you're in my blood like holy wine
You taste so bitter and so sweet
Oh I could drink a case of you darling
And I would still be on my feet
Oh I would still be on my feet
’n Angstige oomblik van hemel daarna het Klitsie natuurlik vir Wadda gewag soos hy by die hoof se venster uitgeklim het. Dit bring ons by die eerste deel van hierdie hoofstuk. Wadda het met mond vol bloed by die skoolhek uitgehardloop. Agterna soos ’n skaduwee of ’n nagmerrie het Klitsie aangekom. Klitsie se vet arms en hande het hom laat lyk soos ’n rooier weergawe van Winston Churchill. Sy maag het oor sy heupe gedons soos ’n waterballon wat sou bars as hy enigsins verder wou rek. Die groot monster was ’n prefek, al in matriek, en Wadda het gelyk soos ’n Jack Russel wat deur ’n jellie renoster gejaag word.
Saam met Klitsie was daar ook ’n paar trawante wat soos lomp kameelperde agtervolg het om hierdie Wadda ’n brekende les te leer. Hy kon nie huis toe hardloop nie, aangesien die groep matrikulante sy pa ook sou kon aanrand.
’n Wonderwerk het soos ’n verjaarsdagpersent gekom. Petrus, Adatjie se pa, het van die ander kant van die straat die diere sien hardloop. Wadda het hom raakgesien, maar weens hul bedenklike verhouding nie meer verwag as ’n aanpor van sy kant af nie. Wadda kon nie meer hardloop nie. Hy het homself op die grond gaan neerlê om te wag vir die res van sy houe. Die onderstebo jellievis genaamd Klitsie het tot by hom gekom. Soos hy oor Wadda gestaan het, het ’n yslike vissermanshand hom agter aan sy nek gegryp. Klitsie is grond toe gegooi. Petrus het soos ’n kasteeldeur voor Wadda gaan staan. Klitsie het dit nie daar gelaat nie. Hy het opgestaan en ’n vuis gegooi in Petrus se rigting. Die ander kameelperde het ook nader gewring om een of ander vorm van fisiese konflik te ondersteun. Wadda kon nie veel sien nie.
Lees nou regtig stadig.
Petrus het in hierdie hele situasie niks gesê nie. Soos Klitsie hom begin vloek het, het dit gelyk asof die visserman swaarder word. Petrus se twee voete het die teerpad onder hom laat begin kraak. Klitsie se vet gesig het hier nig niks geregistreer nie. Sy trawante het wel begin bang lyk. Petrus se dun gelerige wit hemp het styfgetrek. Vinnig. Die oomblik het soos ’n kanonskoot gekom en Wadda is amper blind toe twee enorme vlerke uit Adatjie se pa se hemp skeur. Die vlerke was briljant, pikswart, wyd en groot genoeg om selfs ’n groot seun soos Klitsie in een slag dood te klap. Hy het hulle uitgestrek soos twee enorme arms. Die son is van Wadda se gesig af geneem, en êrens op aan die ander kant van sy beskermer het Klitsie en sy vriende soos huilende kleuters weggehardloop.
http://www.youtube.com/watch?v=SzJY96m3lkg
http://grooveshark.com/s/Home/42hUxS?src=5
ReplyDelete