Monday, November 8, 2010

Kits Hemel met twee suikers en koue melk


‘Mis jou meisie jou baie?’
‘Nee, sy gooi nogal reguit vir ‘n vroumens.’

Die volgende inskrywing word opgedra aan jou, die leser. Ek was nou net viets op my fiets, en ek het in die dorp gery opsoek na iets om te doen. Ek het toe besef dat ek klaar iets doen, en dat dit wat ek doen my nie juis in die hemel gaan kry nie. Angs bevange het ek huis toe gejaag, my bed opgemaak, die naakde Hannah Montanna poster in my kas opgeskeur en ‘n kers opgesteek vir welsyn. Nou moet ek maar net wag en kyk wat gebeur oor so 60 jaar. Maar tot dan, het ek gedink ek gaan kyk of ek  ‘n stukkie van die hemel ten minste hier kan kry.
Ek sal dit waardeer as julle enige van jul eie idees ook hier kan weergee, ek het die aanmerkings afdeling bemagtig (mense het oor facebook gekla oor die feit dat hulle nie kan comment nie.)
Die groot probleem is dat ‘n mens nie vir hemel op aarde kan gaan soek nie, jy moet dit net raaksien as dit val. Ek gaan dus nie ‘n klomp wenke probeer gee nie, maar net vertel waar ek dit al gesien het.

1.   Ek het dit al gehoor: Die liedjie ‘Songbird’ Hier volg ‘n link, wat jy kan gaan kyk nadat jy klaar gelees het.  http://www.youtube.com/watch?v=nZNvQMJ7N0s
2.   Ook toe ‘n vreemde nymph vir my gesê het sy wil liewers  op die gras gaan lê.
3.   Ek het dit al geproe: Gooi jou koppie vol fanta, en dan gooi jy roomys daarop. Jy kan die engele hoor sing.
4.   Die kombinasie van paprika en ‘n klein bietjie suiker in ‘n tamatiesous wat jy maak vir pasta doen ook wonderwerke.
5.   Die derde glas wyn.
6.   Ek het dit al gevoel: Stel jou wekker in die vakansie. As jy dan wakker skrik, kan jy vir jouself sê “toemaar, daar’s geen skool vandag nie.” Kruip dan terug onder jou komberse en sing hardop ‘Hallelujah’ van Leonard Cohan.
7.   Laat jou klein sussie op jou skouer lê op die langpad.
8.   Ek het dit al gesien: As jy in die spieёl kyk en jy’t ‘n goue ster op jou voorkop.
9.   Anything in cowboy boots.
10."en ek het na jou brief gevlug en gelees
          van die lemoenboompie oortrek van wit bloeisels
          wat oopgaan met die son,
          ek kon dit ruik op die balkon,
                                                           ek kan jou ruik " - Breyten Breytenbach
11. “Love u”
12. As Gio Aplon ‘n gat deur twee Iere hardloop.
13  As jy jou kosblik oopmaak en daar is toe nog een broodjie oor wat jy nie weg geraap het in Geskiedenis nie.
14  As daai broodjie nie marmite op het nie.

Keep it Country
Danie.

9 comments:

  1. Danie, jy ly duidelik aan eenvormigheid fobia, daar is net een ding wat jou kan genees:
    Kyk 7de Laan 5 minute per dag vir twee weke, as die simptome vererger kan jy die dosis opstoot

    ReplyDelete
  2. maak #15 grondpaaie, veral op die langpad tussen darling, elandsbaai, lambertsbaai, strandfontein, nieuwoudtville en uiteindlik die oranje rivier. en dan sê jy vi jou sussie sy kan op daai pad op jou skouer lê!

    ReplyDelete
  3. LOVIT LOVIT LOVIT. DAAI POST OOR HOE OM COOL TE SE IS COOOOOOOL.

    ReplyDelete
  4. Nommer 2; 11? Nee, man. Well done met 13 en 14, tho.

    ReplyDelete
  5. Hou nie so baie van die uitleg van die een nie, maar die inhoud is cool (al kan ek nie met alles "relate" nie)

    ReplyDelete
  6. Shit man....jy kon die Hannah Montana poster vir my gegee het...

    ReplyDelete
  7. Waarheen moet ek dit pos?

    ReplyDelete