Tuesday, November 9, 2010

Die Groter Prentjie, Van Alles, Almal En Altyd.

Jaap van Stralend het soos ‘n vrot pampelmoes buite gesit. Die nag was nag en sy oё was swaar met weemoed, en vermoedelike rekusasie.
Hoekom is jy so stil?” het ‘n almagtige stem uit die hemel gevra.
“Ek is stil omdat ek droewig is. En ek is droewig omdat my verliefde oorkant die see moet wees.”
Moenie droewig wees nie...” het die stem gesê, “...dit is my plan met jou lewe.”
“Het ek dan nie my eie wil nie? kan ek nie my eie planne maak nie? Die huidige planne kom maar baie kakografies voor.”

Jy’t ‘n punt daar beet,” Het die stem erken, “Maar jy sien nie die groter prentjie nie.”
“Wys dit dan vir my!” Het Jaap geskree.

Binne ‘n bietjie meer as ‘n oomblik het Jaap die groter prentjie gesien. Dit het baie soos dit gelyk:















Miskien het dit nie regtig die skrif op gehad nie. Maar dit was groot, geel, rond, bont en warm.
“Wat is dit?” Het Jaap gevra.
Dit is die son.” Het die stem gesê.
“Dit kan ek sien, baie dankie, maar wat het dit met die groter prentjie uit te waai?”
Jy’t weereens ‘n punt beet,” het die stem erken “het jy ‘n rand by jou?”
“Jip, ek het.”
“Goed, Jaap, ek wil hê jy moet dit gooi na die son toe.”
Jaap het opgestaan en die muntstuk so hard as wat hy kon gegooi na die son toe. Binne oomblikke het sy muntstuk in die verte verdwyn. Vir ‘n minuut of wat het hy gewag. Toe, asof die son sy muntstuk teruggooi, het ‘n silwer geblink uit die verte gekom. Die silwer lig het al hoe groter geword, en gevaarlik naby gekom. Jaap kon sy oё nie glo nie. Die muntstuk wat hy gegooi het het verander in 'n lewende wese. Die wese het purperbrons voor hom geland, en vir hom gevra of hy haar boodskap gekry het.  Dit was sy verlore beminde van oorkant die see. Ek moet bieg dat sy ‘n bietjie anders gelyk het as gevolg van die tydjie in die son, haar neus was so effens rooi. Sy’t haar hare skaam oor haar voorkop getrek en uitasem “Haai!” gesê.
“Baie dankie!” Het hy salig geroep na die stem in die hemel.
“No problem.”



-Danie

2 comments:

  1. Purperbrons? Really?

    The illustrations were lovely.

    Het hy net nooit sy Rand teruggekry nie of wat?

    ReplyDelete
  2. You're just jealous. Awesome blog, man. Really dig the style.

    ReplyDelete