Sunday, November 7, 2010

OM TE GLO SOOS 'N NAR

Bitterbek sit ek en wonder hoekom die woord bitterbek so lekker is om ‘n sin mee te begin. Hoekom voel ek soos ‘n stoel, of ‘n fool, of ‘n drool, so uncool, soos ‘n tool, sonder doel? Ja, die matriek eksamen of iets het ‘n effek op my brose gestel hehad. Of ten minste, dit het my gestel verbroos, en nou is ek so te sê boos, of eintlik net ‘n d..., ja nee. Watokal dit is, ek sukkel nou om te rus, ek is minder lus, ek voel uitgewis.
Then it hit me.
Ek glo ‘n mens kan op baie maniere glo.
 Ek glo ook so:
Die muis in my glo uit vrees, oor die uiteindelike verlies van vlees, om in die vuur te wees, of selfs ‘n verlore gees, of om uit te mis op die hemel se fees. So hy lees, en hy lees, die Bybel, sy tattoo, sy label, van Cain and Abel, and it’s not a fable, it keeps me stable, makes me able.
Die man in my glo uit goeie moed. Ongelukkig word hierdie vriend onderdruk, en hy’t verstuk in wangeluk. Hy word elke dag deur my ander kant gewysig, soms selfs gekruisig.
Tog weet ek wat reg is. (Al kan ek dit nie toepas nie.) Om soos ‘n bang skelm te glo, bring jou niks anders as valse sekerheid nie. But then again, valse sekerheid is al wat hierdie kant voor soek. Solank ek myself net kan oorreed. Die hoogste punt van selfsug. My plekkie aleen in die lug, waarna toe ek kan vlug.
Ek weet nog steeds wat reg is. (Al is ek vêr daarvan af.) Ek wil kan glo soos ‘n harlekyn. Sonder selfsug, sonder eie gewin, sonder die belofte van ‘n hemel, sonder die dreigement van ‘n hel. Om ander mense gelukkig te maak soos ‘n harlekyn, om hoop te gee, om mense nie te vorseer om na my te luister nie, maar met mimiek hul toe te laat om te kyk, as hulle wil. Op die ou end is dit wat saak maak, of jy ander mense lig kan gee.
Hiervoor hoef jy nie veel te doen nie. Jy kan jou gesig (dis nou figuurlik) wit verf en jou klein boetie vermaak, gelukkig maak. Op die ou end gaan dit nie oor hoe heilig jy is nie, dit gaan oor of jy man genoeg was om nie te glo, en nie te leef uit vrees nie. Kon jy  leef uit liefde, en jouself opoffer, sonder die beloning?

Danie

No comments:

Post a Comment