Wednesday, November 17, 2010

Hier's een van myne, lees dit stadig.


-Lucky Lion

ek sit en probeer daai blerrie brief nou skryf
maar my ma is in die kamer
so ek teken ‘n duif
die duif loop oor die vierde reёl
tot vyf
o.k. sy’s nou uit,
so ek dink alweer aan jou lyf, hoe my
hand
         toe
                gly
                       en soos ‘n kunstenaarshand
stil op jou gaan bly.
dan teken ek -wag- my ma is terug -sug- hou gou aan -sy’s nou kla
‘hier’s jou tee my kind’
dankie ma
die blerrie tee is warm
ek proe jou sonder suiker
met die geloof op jou arm
my tong brand
om jou naam te sing
en enige ander Naam wat jy kies
ook tot eer te bring

-Danie du Toit.

1 comment:

  1. Danie goeie rymskema...en jy wys dat jy direk met iemand wil kommunikeer...good stuff .... interessante blog BTW...FRANCOIS .I.

    ReplyDelete