Monday, November 15, 2010

No Woman No Cry

Een vir Kapenaar

‘Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie.’*-Breytenbach
Goed, ek kon hierdie inskrywing wragtig nie sagter begin het nie, so skroom om my te beskuldig van onsensitiwiteit. Ja nee, jy’t dit nie verwag nie, en ek moet sê, die hoeveelheid hoofletters in die titel skok my ook.
Dit troos my om te sê dat ek skryf onder die invloed van beminning,  en alles deesdae effens vriendeliker lyk. (Dis nou met die uitsondering van daai Klitsie knaap, vir wie ek met my lewe vrees.)

Ek het my skooljare spandeer in Pouses en Geskiedenisklasse, waar ons aangemoedig is om te rus, te baklei, te (w)eet, te d(r)ink, en te voel. Op die barspunt van my emotiewe  beredenerings kapasiteit sal ek egter graag vanaand  wil peul aan die vrot perske van my my diepste motief: No Woman No Cry

Ja, die boonste paragraaf het ‘n bietjie baie groot woorde, en jy moes van die sinne twee keer lees. Al wat ek eintlik wou sê is: No woman no cry.
Enige galante poepol op sy blinkvosperd sal sekerlik dink dat hierdie engelse sin beteken dat sonder vrouens, mense nie sou huil nie.
Dit beteken egter iets totaal anders: Dit beteken dat jy moet gaan sit en luister na Bob Marley, en dat jy moet ophou dink aan die vuil hande wat jou knie. Dis nie so erg nie, watokal dit is. Nee, vrou, moenie huil nie.

In elk geval, dis ‘n bietjie laat, en ek gaan nou wragtig nie probeer om jou te oorreed nie, (allowel ek wou toe ek begin het met hierdie inskrywing.)
Ek het ‘n tyd terug die volgende gedig geskryf, en met die hitte daar buite dink ek dit is heel van pas. Ek dra dit op aan jou.

 Vier seisoene in jou bronspot kombuis
Bloeisels bloos blomme onder akkerbome
Jy skep jou nagte onder wakker drome
Die sag ligblou van die lentedag
Ook vanaand in jou, in lag

Somerson in jou donker tuin
Daai water streel jou lyf tot skyn
Tot rooi vanaand vir jou omring
En sag op jou mond kom sing

Herfs brons bruin van lied en stoom
Van roosmaryn tot wolke droom
Waai die wêreld weg daar buite jou huis
Is ons nog veilig in jou kombuis

Winter woed en roep na my diepste wraak
Vanaand is wat jy daarvan maak
As die nuwe weer kom, moet jy jou bene wys
Anders bly ons verewig in hierdie blerrie kombuis.

-Danie

6 comments:

  1. Hoe kry jy dit reg om in italics te comment?
    Anyway, well done. Represent.

    ReplyDelete
  2. Klitsie knaap? wie is dit ? anyway, dis baie baie goed Danie ! Wens ek kon so goed skryf..

    ReplyDelete
  3. Haha, dis net so 'n ou wat voel hy moet mense slaan vir watokal rede. Hy en sy trawante het 'n rukkie terug met my kom skoor soek. Hy kan niks aleen doen nie, hy val mense aan as hy al sy buddies by hom het.
    Ek kry maar my weak revenge deur daaroor te skryf, aangesien hy nie kan lees nie.
    Thanks Daniel(p46?), ek wardeer dit regtig baie!

    ReplyDelete
  4. O Shirt! Daar's 'n advertensie vir "Liefling" langs my comment! AAAHHH!

    ReplyDelete
  5. Ek belowe ek het dit nie daar gesit nie. Jy't 'shirt' verkeerd gespel, dis 'shit'!!!
    Anyway, I'll look into the matter, hierdie advertensies bring nie genoeg geld vir die skade wat hulle aanrig nie. Thanks vir die heads-up, Anonymous!
    'Till we meet again. (Jy't wragtig al 24 comments op my blog gelos!)
    Wie is hierdie Anonymous? Het jy Facebook?

    ReplyDelete
  6. Danie! Jy mag maar skryf. Waar kom jy aan al jou energie?

    ReplyDelete